lughonger

  • 0

ons teug aan taai dieseldampe,
die trapfietse trek blinkvosperdekrag.
’n hele krebs-siklus voltooi iewers, anaerobies.
en in ’n gietende storm sonlig
windaf die pêrels sweet
agter oorskulpe –
en ek hoor jou fluister:
“heaven’s just a
two-step
away”

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top