Liewe Jaco
Kyk, die kans dat ek iemand gaan optel wat ek eers onder die stort moet sit en skoonskrop is maar klein. As ek dus so desperaat is dat ek iemand moet betaal, sal ek eerder ’n telefoniese bestelling maak wat met ’n ordentlike kar voor my deur afgelaai word en wat ’n mediese sertifikaatjie voor my rondswaai die oomblik wat ek die deur vir hom oopmaak. Ek verkies ook dat hy op ’n sekere tyd weer opgetel word met einste kar voordat ek hom, soos jy graag doen, weer gaan deliver waar ek hom opgetel het voor die toilette. Ek betaal eerder presies wat dit kos en sit, afhangende van die diens wat ek gekry het, ’n tip by. Nee, Jaco, kwaliteit is kwaliteit en ’n cheapskate is ’n cheapskate. Maak nie saak van watter kant jy daarna kyk nie.
En ek in ’n lovers’ quarrel met jou? Onmoontlik, vriendin, ek's female.
Mooi bly
Maya
NS O ja, jy beter maar jou naeltjies poleer. Daar is niks so lelik soos ’n man met vuil naels nie en dis boonop ’n dead giveaway.

