Lotsbestemming

  • 0

Dit was 'n dag soos enige ander.
Die môreson steek sy oranje gesig bokant Oukop uit.
Hy stort en trek sy klere aan.
Hy eet ontbyt en lees die oggendkoerant.

Op pad werk toe gebeur dit.
By 'n robot op die hoek van Eenzaamlaan en Lotsbestemming Straat.
'n Visie in 'n wit rok vang sy oog.
Lang blonde hare en see-blou rok.

Cupido se pyl deurboor sy hart.
Sy draai om en glimlag vir hom.
En hy vir haar; tyd staan stil.
Sal hy uitklim en na haar haas?

Moet hy haar in sy arms neem
en sy gevoelens betuig?
Nee man, dit gebeur net in flieks.
Realiteit spoel oor hom soos 'n koue stort.

Die lig is weer groen
en hy ry weer voort.
Kon die vrou in wit sy lewe verander?
Dit was 'n dag soos enige ander.  
 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top