Losgelaat

  • 0

Ek het jou opgemerk
deur ’n silwer rand -
mooi en helder teen die lig  
asof jy sélf Lig was

My oë het jou slaafs blý volg -
met glóéd die donder kimme deurgesien
totdat jy teen die grou verdwyn

Kan duisternis deurskynend wees?

Hoe vervaard het ek deur die klankgrens
jou stom duisternis beklim!

Toe my retina skeur
het ek jou soos ‘n trekswael
losgelaat

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top