"Looks can be deceiving" by Natasha ten Krooden

  • 0

Looks can be deceiving

Sy’s die girl wat alleen laatnag stap
Sonder ’n ou aan haar kant
Maar sy is fine
Ja, sy is fine
Die trane rol vanaand oor haar wang
Want die eensaamheid begin haar vang
Maar sy is fine
Ja, sy is fine
En sy hardloop in ’n rigting wat haar hart nie kan sien
En die donker van die verlede sê dis wat sy verdien ...
En sy breek daar in stukke neer
Want die lewe raak te veel
Maar sy is fine
Ja, sy is fine
Sy’s die girl wat self haar entrance betaal
En sy gaan geeneen vir haar laat vertel
Want sy is fine
Ja, sy is fine
Maar vanaand het iemand tot haar deurgebreek
En haar bestaan net daar in twee geskeur
Maar sy is fine
Ja, sy is fine ...
En sy hardloop in ’n rigting wat haar hart nie kan sien
En die donker van die verlede sê dis wat sy verdien ...
En sy breek daar in stukke neer
Want die lewe raak te veel
Maar sy is fine
Ja, sy is fine
Her looks can be deceiving
Haar oë kan jou mislei
Jy sou haar nie eers ken nie
As jy net bietjie dieper kyk
En sy hardloop in ’n rigting wat haar hart nie kan sien
En die donker van die verlede sê dis wat sy verdien ...
En sy breek daar in stukke neer
Want die lewe raak te veel
Maar sy is fine
Vir die wêreld daar buite is sy fine

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top