"Londen" deur Carla Kargaard

  • 0

Londen

Dit was skaars kwart oor tien
toe ek jou daar sien
ligte flits
‘n sagte mis
lê oor die stasie

Skinny jeans
platform vyf
ek sien jou wuif
wys vir my, wys vir my
waarn’toe gaan jy

Dit is laat
dit is nag
ek sien jou daar wag
kom saam met my
kom saam met my
na Heathrow se stasie

Ons gaan vlieg
ons gaan vlieg
ons gaan ver weg vlieg
kom saam met my
kom saam met my
dan vlieg ons huis toe

Is jy oukei wo-ah
is jy oukei wo-ah
wat maak jy
wat maak jy
wat maak jy hier by my?

Jy’s ‘n engel
jy’s van ver
jy’s my Afrika-ster
wat maak jy hier
wat maak jy hier
kom jaag ons honde

jy kyk vir my
deur ’n swart-swart kuif
‘n moltrein flits verby
die liefde is weg
die honde is weg
waar is ons oomblik?

Waar is jy wo-ah
waar is jy
waar is jy
wat maak jy sonder my?


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top