Lokprent: Storieman Omnibus 1 nou beskikbaar

  • 1

Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
  9780798156967

Storieman Omnibus 1
Leon Rousseau

Die Storieman-reeks wat in die 1980’s deur Leon Rousseau uitgegee is, was ongetwyfeld een van die grootste kinderboeksuksesse van ons tyd. 

Hierdie omnibus-uitgawe is ’n versameling van die mooiste en gewildste plaaslike- en feëverhale uit die bekende Storieman-reeks.  Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CD’s in. Kom luister in hierdie uitgawe saam na geliefde verhale soos “Besie”, “Van Hunks en sy pyp” en “Wolraad Woltemade”, asook na die klassieke “Brolloks en Bittergal” en “Jakkals en Wolf”-stories. Hier is ook feëverhale soos “Die drie varkies” en “Gouelokkies” om weer van nuuts af te betower!  

Storieman is so ontwerp dat selfs die jongste kind dit kan gebruik. ’n Ghongslag klink elke keer wanneer die bladsy omgeblaai moet word, sodat dit maklik is om die storie in die boek te volg. By die huis, in die motor . . .Storieman is daar!

Honderde aanhangers wag reeds opgewonde vir hierdie opwindende nuwe uitgawes! Omnibus 2 volg in Oktober 2012.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Storieman Omnibus 1 nou van Kalahari.com!

 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top