Loftus Marais se digdebuut - ʼn Mini-resensie

  • 0

Staan in die algemeen nader aan vensters van Loftus Marais (Tafelberg) is 'n verruklike debuut waarin die kanon weggeklap én bestendig word. Die digter dig teen Van Wyk Louw se beiteltjie in en hy bely dat hy ? fokken lugdrukboor het ("Die digter as rockstar", 40). Hier is ? nougesette blik op die ‘dinge', soos die fenomenoloë dit beskryf, en die verhouding met die afwesige vader, die (plaas)tradisie word helder beskryf. Hy is nie deel daarvan nie, maar terselfdertyd daardeur gevorm. Hy loop oor ? mangat (wat sy onbewuste simboliseer) en is telkens op ? edge oor alles wat hy óm hom waarneem. Kyk byvoorbeeld hoe sien hy die siel - ten dele aangehaal:

hoekom dink almal die siel is inwendig?
verborge soos jou beendere, maar kleiner
soos ? klier of juweel
of ? teug helder lug vir ewig ingehou ...

vir my's dit eerder ? soort peignoir
vloeibaar, satyn en stralend
gedra wanneer ek hare kam
my fopdos-kleed, my gewyde kamerjas
waarin ek vroom rondstap
soos ? jong gloria swanson ...

Lees hierdie bundel.

? Uitgebreide resensie verskyn binnekort in Die Volksblad.

Joan Hambidge

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top