Loflyf-antwoorde aan Thys

  • 3

Dit was toe nie “knyptang”-vrae, after all nie. Al vier vrae het basies te doen met een vraag, nl Wat is die Nuwe Afrikaner?

Ek het oorspronklik geskryf. Eerder van die Nuwe Suid Afrika gepraat word, moet van die Nuwe Afrikaner geskryf word. M a w fokus eerder op Afrikaner-heil in vandag se konteks, as om gedurig oor die NSA se tekortkominge te top. Nêrens het ek gesê dat ‘n nuwe “groep” gestel of gestig word nie. Jy het die enkele sinnetjie uit verband waarin dit geskryf is geneem, en probeer om propaganda daarvan te maak, veral op Praag, soos jou brief wat ek hier op SêNet herhaal het, dit baie duidelik gestel het. En nou om jou eie verleentheid (knyptang-situasie) te probeer verberg, probeer jy jou stelling in jou vrae te onderskraag dat van ‘n nuwe groep Afrikaners gepraat word.

Baie van wat jy my vra is ook in onlangse response deur my verwoord. Lees o a my respons aan Leonie en ook aan Jan Rap.

Vir my, en in die konteks van my brief, is die Nuwe Afrikaner, Afrikaners wat se visier op ‘n haalbare toekoms vir Afrikaners gerig is, en nie vassteek op verouderde en steriele Afrikaner politiek van die verlede nie. M a w dit bly by ‘n SIENING, nie ‘n nuwe groep mense nie. Bv Afrikaners wat die moed gehad het om nie tradisioneel te stem soos bv vir VF+ nie wat hom vandag in dieselfde bed as die ANC, met Mulder deel van die ANC-regering, bevind nie. Die meerderheid het eerder in die breër SA en breër Afrikaner-belang, DA gestem, wat met elke daaropvolgende dag ‘n beter kans toon om die ANC vanuit die kussings te lig, tesame met ander opposisie-partye se ondersteuning. Hierdie Afrikaners huldig nie ‘n wanhopige en swartgallige siening soos jy, dat die ANC in der ewigheid gaan regeer nie. “Aanvaar daarmee onderdanigheid en gehoorsaamheid aan die regering van die dag – wat tot in oneindigheid ANC gaan bly” – jou woorde.

Afrikaners met ‘n positiewe visie soos die buite-parlemente organisasies o a lede van die Afrikaner Burgerlike Netwerk (20 Okt 11 gestig onder Solidariteit-inisiatief), wat die meerderheid tradisionele Afrikanerstrukture insluit, met Flip Buys aan die spits, as uitvoerende hoof daarvan. (Sodanige lys is in my brief “Afrikaner selfbemagtiging” te vinde). Soos aan Leonie ook geskryf is, Afrikaners wat vir die eerste keer sedert 1994 skerp tande en kloue kan wys, Afrikaners wat op selfbemagtiging ingesteld is. Nie soos die wanhopige Afrikaners wat verwag dat die ANC-regering wat hulle ook teëstaan, dinge vir hulle moet vermag, o a ‘n volkstaat, of kanton-gebiede nie. Hoeveel kere vra hulle nie. “Die ANC regering wil nie vir die Afrikaner ‘n volkstaat GEE nie”, om net een uitgediende vraag te noem. Soos Flip sê: Hy hou van mense wat sê wat kan “ONS” (gesamentlik) doen, eerder as mense wat sê “JULLE” (AfriForum) moet dit doen of “HULLE”, verwysend na die ANC moet dit vir die Afrikaner doen.

“Jy (Jaco) haal Flip Buys aan wat beweer dat hy is 100% Afrikaner, Afrikaanstalig en "Suid-Afrikaner (is). Maar ek (Thys) het elders vir jou uitgewys dat dit 'n totaal onmoontlike konkoksie is ". Magtig Thys, wat is so moeilik daaraan? Ek is 100% gay; jy en ek is 100% ateïste; 100% Afrikaner; 100% Afrikaanstalig; en 100% Suid-Afrikaanse burgers, al wil jy blykbaar jouself nie so aansien nie. Wat is tog fout met sodanige “konkoksie”? Die ANC is nie die staat nie, net ‘n politieke party wat huidig SA regeer. 

Verder vra jy my of ek mense soos Piet Skiet, Thys, Mulder, Roodt, ens ook als Afrikaner beskou. My antwoord is onomwonde JA. In ‘n onlangse respons het ek dit verwoord dat politieke aanhang, godsdiens al dan nie, of leefswyse nie Afrikanerskap bepaal nie. Ek het onder ander gesê dat Beyers Naude, Terre-Terreblanche, Dan Roodt, Adam Small, Yuri, ens. almal uiteenlopend van mekaar, vir my Afrikaners is. Jy wil wel voorskryf wie en wat Afrikaner is, o a sê jy Frederik Van Zyl is nie Afrikaner nie, ek sê hy is. ‘n Bepalende faktor in jou vertoë, is dat Frederik met ‘n Engelse vrou getroud was, afgesien daarvan dat hy met liberals ook verkeer. Jy is verder hier op rekord waar jy gesê het dat diegene wat Verwoerd nie as held aanvaar nie, nie Afrikaner is nie. (Moenie my asseblief deels lees nie, lees alles wat ek skryf, dan is al my herhalings hierbo onnodig).

Daar is twee benaderings tot Afrikanerskap. Inklusief en eksklusief. Ek huldig die eerste konsep. Ek sluit nie enigeen uit wat Afrikaner wil wees nie, gemeet deur afwisselende maatstawwe, afhangende die politieke aanhang van die betrokke persoon.

Daar is deur my in ‘n vorige brief genoem dat die gekkegrens ook uitgenooi was (Okt 11) om deel te word aan die Afrikaner Burgerlike Netwerk. Orania (‘n werklike Afrikaner-kanton in ‘n regsgesinde siening), het dit aanvaar, en word vandag deur die gekkegrens daaroor gekasty. Die ander sal alleenlik lid word op hulle (eksklusiewe) voorwaardes alleenlik, d w s dat anderkleuriges uitgesluit word. Inklusiwiteit en eksklusiwiteit is onversoenbaar. Ek glo die uitnodiging aan die gekkegrens staan steeds, maar hulle sal hulself liewers self wil uitsluit weens hulle eksklusiewe sieninge. Dieselfde Afrikaners het by eie monde reeds gesê op hul webblaaie dat hulle niks met inklusiewe organisasies te doen wil hê nie, dus sal hulle nie dieselfde tipe uitnodiging aan hulle uitreik nie.

Deel van hierdie eksklusiewe siening is dat ateïstiese Afrikaners nie in hulle midde welkom is nie. Wat dit daarop neerkom is jy Thys wat ateïs is, dring jouself op hulle af.

Jaco Fourie

  • 3

Kommentaar

  • Thys Human (PTA)

    Lyk my dis ’n nuwe gier hier om uitsprake te maak en wanneer jy daaroor aangevat word en vrae aan jou gestel word,  antwoord jy deur ’n nuwe blaadjie oop te maak – en dan hoef jy nie al die vrae te beantwoord nie want ’n mens kan met hierdie omslagtige indeling nie maklik naslaan wat die vrae was nie.

    Nou maar goed. As dit is hoe dit gedoen word, maak ek ook maar so. 

    Jy beter begin koes, Jaco (maar moet asseblief net nie buk nie – ek is nie 1 nie.)

  • Ou.

    Jy vra my vrae oor ’n groep mense wat as ’n aparte groep soos Praag, nie bestaan nie.

    Begin soos ’n grootmens te dink.

    Jaco Fouirie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top