LitNet-spens: Knorries en die krisis / Crisis in Golden Years

  • 0

Naam van skrywer

Nico Luwes

 

Naam van teks

Knorries in die krisis (Afrikaans) en Crisis in Golden Years (Engelse vertaling)

 

Subgenre

Komedie

 

Kort opsomming

’n Komedie in 8 tonele

Tyd - nog in hierdie lewe! Dit is 10 uur die oggend in Huis Soeterjare, ’n aftree-oord êrens op die platteland. Korrelkop van Graan (65), ’n afgetrede melkboer, nooit getroud, kom trek die eerste keer in die ouetehuis in. Saam met hom is Kingdom Moshouyane (65) sy afgetrede melkvoorman wat op die dorp by sy mense gaan bly, maar in elk geval elke oggend vyfuur vir ou Korrel kom kuier. Korrel is ’n ‘ongeskilde aartappel’ met ’n goeie hart – en hy hou van sy brandewyntjie en water saans. Mejuffrou Maatje van Zwolle (48), ’n Suster-cum-toesighouer-cum-matrone van Huis Soeterjare is ongetroud en onverken. Sy duld geen bogtery en drankies ens in ‘haar’ tehuis nie. Hulle het sommer vroeg reeds ’n konfrontasie daaroor, met die gevolg dat Korrel sy dop wegsteek onder sy ‘kamermaat’ se stoel. Peter-Schalk van Rijn (65), sy ‘kamermaat’ is ’n afgetrede direkteur van ’n maatskappy en ’n snobistiese, verfynde pyn in die gat. Hy is ’n wewenaar. Spoedig kom hy en Korrel in konflik oor verskillende lewenstyle – spesifiek Kingdom se besoeke teen vyfuur in die oggend. Die feit dat Korrel nog wil boer met groente en Kingdom lustig meehelp om Van Rijn se edele rose in hul gesamentlik tuin uit te spit, intesufeer die konflik. Maatjie is natuurlik smoorverlief op die edele Van Rijn wat aanvanklik niks van haar wil weet nie.  Weens Korrel en Kingdom se kaskenades, beland Van Rijn in ’n situasie waarin hy glo dat hy al vir jare lank skelm drink en aan ouderdomsgeheueverlies ly. Nou kan Maatjie hom natuurlik berading gee! Weens ’n piramideskema verloor Van Rijn sy al geld en het skielik ook niks. ’n Finale konflik onstaan as uitgevind word dat hul vyandskap al jare gelede onstaan het agv die feit dat Van Rijn ou Korrel se meisie in hul jeugjare afgerokkel het met al sy geld. As hulle ‘ou koeie uit die sloot grawe’ is Kingdom natuurlik oortuig dat ‘sy’ een of ander melkkoei in hulle stalle was ens. Van Rijn, die suinige ou vrêk, het geen geld oor nie en gaan uit die ouetehuis geskop word. Kingdom stel voor dat hy maar by Maatje intrek en Korrel stel voor dat hy wat Korrel is die kamer vir Van Rijn sal koop. Dis natuurlik teen sy eer en aard en hy gaan verlei vir Maatje. Kongdom sien sy gaping en trek saam met sy ou boeremaat, Korrel, in die kamer in. 

 

Aantal spelers

4 (2 ou wit mans, 1 swart of kleurlingman en een vrou)

Vorige opvoerings

KKNK, Volkbladfees, Aardklop, UV Dramadepartement. 2005-2008 (Engelse weergawe nog nie opgevoer nie.)

Pryse toegeken

Sanlam-prys vir Afrikaanse teater by die KKNK, 2004

Naam van kopiereghouer

Nico Luwes

 

Persoon/instelling wat gekontak moet word ivm opvoerregte

Dalro in Braamfontein of Nico Luwes (Dept Drama en Teaterkuns, Vrystaat Universiteit, Bloemfontein 9300 | tel 0823742485 | luwes.HUM@ufa.ac.za)

 

>> Klik hier om Knorries en die krisis in PDF-formaat af te laai >>

>> Click here to download Crisis in Golden Years in PDF format >>

<< Klik hier om terug te gaan na die LitNet-spens <<

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top