Naam van skrywer
Gert Christiaan Cruywagen
Naam van teks
Diep, donker en dodelik
Subgenre
Radiodrama
Aantal spelers
6
Kort opsomming
’n Speurder ondersoek die onnatuurlike dood van ’n ongewilde en buffelagtige mynvoorman tydens ’n ondergrondse drukbars. Die toneel ontvou met terugflitse na die myn voor, tydens en na die drukbars. Is die mynkaptein dood tydens die drukbars, of is hy dalk vermoor deur een van sy ondergeskiktes? Baie van die aksie vind plaas in die stikdonker myn in tonele pasgemaak vir radio. Die meedoënlose ondervraging deur die speurder, asook die vertelwyse met aksieflitse van die situasie odergraonds, laat die spanning onverpoosd oplaai. Die ontknoping is ’n groot verrassing vir die luisteraar.
Vorige opvoerings
Geen
Pryse toegeken
Finalis in die 2007 RSG/SANLAM Radiodramakompetisie
Naam van kopiereghouer
Gert Christiaan Cruywagen
Persoon/instelling wat gekontak moet word ivm opvoerregte

