LitNet-leeskeuses: Woensdag 27 Maart 2013

  • 0

“Om Karretjiemense te lees is soos om die veldblomme in September in die Karoo te sien uitslaan,” skryf Erika de Beer in 'n Boeke24-resensie.

Dolf van Niekerk gesels met Riaan Cruywagen op die ontbytprogram Dagbreek. Van Niekerk se jongste digbundel, Bleek planeet, het pas verskyn. (kykNET)

Die NG Kerk rou oor die verlies van lidmaat Lina Spies nadat sy in 'n Rapport-onderhoud van haar “ontdekkingsreise op die afdraaipaaie van die gekaarte geloofspad” vertel het. Spies het na aanleiding van die US  Woordfees-debakel as lid van die kerk bedank. (Beeld)

Wie kan die versoeking van Sjokolade Espresso-koek met granate weerstaan? Die kos-en-skrywersblog Paper and Salt het hierdie lekker eksentrieke resep gedeel – ook nes die Franse politikus, filosoof en skrywer Marquis de Sade daarvan sou gehou het.

En vir die fliekvlooie, asook die Gatsby-aanhangers (wat die fliekweergawe van die bekende Fitzgerald-verhaal gaan waag), is daar spesiaal 'n lusmakertjie-video. Die fliek sal eers op 17 Mei in Suid-Afrika begin draai. (Huffington Post)
 

 

Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top