Chrizane se top vyf leeskeuses vir die dag: Woensdag 23 Januarie 2013
Kultuurhistorikus en skrywer Pieter W Grobbelaar is Saterdag 19 Januarie oorlede. Dié passievolle verteller het 200 boeke gepubliseer, waarvan Die Mooiste Afrikaanse Sprokies een van sy bekendstes was. Grobbelaar se vriende en familie het in ’n artikel in Die Burger hulde aan hom gebring.
Heilna du Plooy van Versindaba resenseer Hennie Nortjé se In die skadu van soveel bome.
Margaret Atwood vertel vir Bookriot.com hoe dit voel om in 'n onpretensieuse omgewing groot te word en hoekom dit oukei is om enige boek waarvoor jy lus het, te lees.
Hier is 'n lys van die top 10 boeke se 2013-filmweergawes waarna Publishers Weekly die meeste uitsien.
It is impossible to love, and to be wise," het die filosoof Francis Bacon gesê. Brainpickings het gister Bacon se verjaardag met een van sy essays oor die liefde gevier.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

