LitNet-leeskeuses: Woensdag 19 Desember 2012

  • 0

Chrizane se top vyf leeskeuses vir die dag: Woensdag 19 Desember 2012

Stemme wat nie meer stil is” (Volksblad)
“Ilse Salzwedel wil gewone mense ’n stem gee en lesers inspireer met haar skryfwerk. Schalk Schoombie het haar uitgevra oor die skryfdrang en die uitdagings van haar derde boek, Onvertelde Stories van Afrikaans, wat onlangs by LAPA Uitgewers verskyn het.”

Kortboek spring in sy kinderskoene” (Volksblad)
“’n Boek met net 5 000 woorde? Ja, dié neiging kry nou ook in Suid-Afrika momentum, skryf Kirby van der Merwe.”

Asterix praat Afrikaans” (Rapport)
“Protea Boekhuis beplan om nou die hele Astrix-reeks nuut te vertaal en uit te gee. Asterix die Galliër en Asterix en die goue ­sekel behoort binnekort op winkelrakke te wees.”

Die koeklike geskiedenis van ’n opgeterte stad” (Die Burger)
“Toe Loftus Marais aan’t skryf was aan die Kaapstadse gedigte in sy nuwe bundel, het hy weggestuur van liriese ‘o berg, o gewel, o baai!’-odes. Dié flaneur het vir Danie Marais vertel hoekom hy ’n fopdosser geskep het om van sy stadsverse te verwoord.”

VIDEO: “The Promise of Digital Books: Dominique Raccah at TEDxNaperville” (TedxTalks)

Laai die video nie? Klik hier om dit te kyk.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top