LitNet-leeskeuses: Vrydag 3 Mei 2013

  • 0

Chris Karsten se ’n Man van min belang het pas verskyn. “Kon hierdie skrywer, wat in ’n relatiewe kort tyd vyf verbluffend goeie romans geskryf het, die momentum volhou wat hy die laaste jare opgebou het of gaan ’n Man van min belang wys dat Karsten se asem begin opraak?” vra JB Roux in hierdie Boeke24-resensie.

JB Roux gesels ook met Winnie Rust oor haar jongste roman, Trek en die plaaswêreld.

Tydskrif vir Letterkunde het onlangs 'n resensie van Johan Kruger se Die Vloek gepubliseer.

Deon Meyer gesels met Die Burger oor die jaar wat hy afgevat het en wat Bennie Griesel volgende gaan doen.

JK Rowling en 49 ander skrywers het ingestem om hulle bekendste boeke te neem en hulle gedagtes rondom die teks in die boek te skryf. Dié boeke sal opgeveil word ten bate van English PEN. (FT Magazines)

 

Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top