LitNet-leeskeuses: Vrydag 25 Januarie 2013

  • 0

Die fliekweergawe van Albert Blake se Boereverraaier begin Maandag in teaters draai. Piet de Jager, die uitvoerende vervaardiger, skryf ’n intieme stuk in Rapport oor sy ervarings op stel.

Mike Nicol van Crime Beat gesels met Deon Meyer oor Bennie Griesel en verwysings na musiek in sy romans. (BooksLIVE)

’n Vraag oor sy jongste boek, Tenth of December, het George Saunders aan die praat oor sy dogters en hoe dit voel nadat die tydskrif Time die boek as 2013 se moet-lees-titel benoem het. (The New Yorker)

Navorsers by die Universiteit van Manchester se John Rylands-biblioteek het op ’n magdom onbekende gedigte en tekeninge deur William Blake afgekom. (Independent)

The Guardian het berig dat die RSC die alleenregte hou om Hilary Mantel se Thomas Cromwell-boeke en Bring up the Bodies op die planke te bring.

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top