Lees ’n 1966-onderhoud met Harold Pinter. (The Paris Review)
Die Woordkuns-program op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) lyk baie opwindend. Met gedigvoorlesings, boekpraatjies en die fokus op storievertelling kan mens nie anders as om uit te sien nie. (Die Burger)
Jane Flanag van My Tyd gesels met die skrywer en sakeman Hlumelo Biko oor sy boek en die moontlikheid dat Suid-Afrika afstuur op wetteloosheid soos in Zimbabwe. (Rapport)
John Wallis was ’n bekende historikus en wiskundige, maar hy het ook belanggestel in tale. ’n Interessante artikel oor die ontstaan van die oudste tale. (Humanities Magazine)
Spesiaal vir LitNet se briefskrywers: ’n merkwaardige versameling briewe van bekende skrywers aan bekende skrywers. (Flavorwire)
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

