Chrizane se top vyf leeskeuses vir die dag: Vrydag 14 Desember 2012
“Resensie: Vol draadwerk (Marius Crous)” (Versindaba)
“Hierdie nuwe digbundel van Marius Crous het so saam-saam met die bekendmaking van die 100 beste gedigte in Afrikaans verskyn.”
Video: “Robinson Regstreeks: 12 Desember 2012 – Afrikanerleierskap” (KykNET)
“In sy jongste boek ontleed die historikus prof Hermann Giliomee die Afrikanerleierskap, veral in die tydperk van 1948, toe die NP aan bewind gekom het. In sy boek “Die laaste Afrikanerleiers” kom hy tot interessante nuwe perspektiewe op ‘n paar vraagstukke. Prof Giliomee en Roelf Meyer is ons gaste wat die onderwerp verder deurpraat.”
“Almal saam in die woord-ark” (Beeld)
“Die wenners van vanjaar se South African Literary Awards (SALA) is vroeër vandeesmaand op die Africa Century International African Writers Conference in Bloemfontein bekend gemaak. In die kategorie vir Afrikaanse digkuns is Johann Lodewyk Marais uit benoemings van bundels wat die afgelope drie jaar verskyn het, as die wenner aangewys vir sy sewende bundel, Diorama. Sy jongste digbundel, In die bloute, het pas verskyn. Jo Prins het ’n klompie vrae aan hom gestel.”
“Unknown Hans Christian Andersen fairy tale 'Tallow Candle' found by Danish historian Esben Brage” (Huffpost Books)
Die literêre wêreld is aan die gons oor ‘n storie van ‘n kers, wat deur Hans Christian Andersen geskryf is en vermoedelik sy heel eerste sprokie was.
“Comrade baby review: A hitchhiker's guide to Mzansi madness” (Daily Maverick)
“Relationships are tough enough, without adding societal complications. But former FHM editor Hagen Engler has managed to create a compelling pastiche of South African craziness that somehow, magically, passes as a survival guide to travel, multiracial dating, and other South African adventures. Erin Mcluckie read it – and came up smiling.”
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

