LitNet-leeskeuses: Maandag 6 Mei 2013

  • 0

Taalverwondering is 'n siekte waaraan Taalgoggas en Balbyters ly. Mark Forsyth se The Horologicon sal menige joernaliste, taalpuriste en kopieskrywers se harte vinniger laat klop, al gaan die boek oor die Engelse taal. Kerneels Breytenbach meen dié boek beloof suiwer genot waarvan jy nooit genoeg kan kry nie. (Rapport)

Na al die media-aandag wat Lauren Beukes se The Shining Girls met die bekendstelling ontvang het, is die boek steeds in die kollig. Anél Viktor se resensie in Rapport loof Beukes se derde roman en skryf dat dit haar beste tot dusver is.

HP van Coller en Cas Wepener resenseer elk ’n boek vir Afrikaanse Tydskrif vir Letterkunde:

Dis ongelooflik hoe die internet kan bydra tot soektogte op ‘n wyse wat amper onmoontlik sou wees sonder 'n wêreldwye span literêre kenners. The New Yorker  het berig dat die Oxford Dictionary-redaksie op soek is na die bekende outeur van Meanderings of Memory, geskryf deur ene “Nightlark” en wat in 1852 gepubliseer is. Leksikograwe van regoor die wêreld is besig om die raaisel te probeer ontrafel. Volgens die enigste rekord is die boek deur 'n baie bekende skrywer geskryf, maar niemand kon tot dusver vasstel wie dit is nie.

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top