LitNet-leeskeuses: Maandag 28 Januarie 2013

  • 0

Jo Prins, Susan Samuel en Willem Kempen kies hulle gunsteling-“sagte boeke” vir die kleinspan, maar ook vir hulle eie ontspanningsplesier. (Boeke24)

Anet Pienaar-Vosloo gaan kuier by Breyten Breytenbach in Frankryk, waar hulle oor kuns, die nuus en sy verhouding met sy jeugland, Suid-Afrika, gesels. (Boeke24)

Die Belgiese kunstenaar Berlinde de Bruyckere het JM Coetzee genooi om vanjaar deel van die 55ste Venesiese Biënnale te wees. Coetzee het ook ingestem om as kurator van die Belgiese paviljoen in te tree. (Boeke24)

“The habit of writing thus for my own eye only is good practice. It loosens the ligaments,” het Virginia Woolf eens op ’n tyd gesê. Brainpickings kyk na haar dagboekinskrywings wat die bekende skrywer tussen 1915 en 1941 geskryf het.

Die tien finaliste vir die internasionale Man Booker-prys is pas aangekondig (Man Booker Prizes).

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top