LitNet-leeskeuses: Donderdag 9 Mei 2013

  • 0

Met die Dansende Digtersfees wat hierdie week plaasvind, kan jy gerus gaan lees wat Breyten Breytenbach en Marlene Van Niekerk te sê het. Breytenbach gesels oor Yang Lian en Marlene vertel meer van een van die fees se beskermgeeste, Rumi. (Die Burger)

Die Burger gesels met Piet de Jager oor sy werk as advokaat, digter en hoofvervaardiger van die flieks Verraaiers en Roepman.

Vergeet van “Bieber-fever”. Almal het Gatsby-koors! Die F Scott Fitzgerald-fliek tref hierdie maand die groot skerm. In afwagting van die vyfde fliekweergawe die bekende Great Gatsby het die New York Times berig oor strate, hotelle en kolossale huise wat na plekke in die verhaal vernoem is. Kyk ook na 'n video op die New York Times se webblad, waar di regiseur Baz Lurhmann kommentaar lewer op 'n toneel uit die fliek. Dié toneel is 'n gesprek tussen Jay Gatsby (Leonardo DiCaprio) en Nick Carraway (Tobey Maguire).

Margaret Atwood skryf vir die New York Review of Books oor haar drome en wat dit beteken.

 


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top