LitNet-leeskeuses: Donderdag 7 Maart 2013

  • 0

“Boeke soos Rooi Jan Alleman deur François Loots is skaars in Afrikaans,” skryf Harry Alleman. (Rapport)

Bettina Wyngaard het tydens die US Woordfees oor seksuele geweld en haar roman, Vuilspel, gesels. (Boeke24)

Vanjaar vier Joan Hambidge 30 jaar as digter. Sy het tydens die US Woordfees gesels oor haar verskeie rolle as digter, akademikus en polemikus. (Boeke24)

Die New Yorker het gister 'n baie interessante artikel oor 'n literêre fees in Kongo geplaas. Blykbaar was 'n paar slam poets uit Suid-Afrika ook teenwoordig.

'n Amerikaanse weldoener het ’n anonieme skenking van 100 000 boeke gemaak. Dalk moet hy Suid-Afrikaanse skole kom besoek ... (The Cleveland Current)

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top