LitNet-leeskeuses: Donderdag 7 Februarie 2013

  • 0

In Memoriam: Pieter W Gobbelaar
“Dit is moeilik om één boek uit te sonder as Grobbelaar se 'beste' werk,” skryf Solet Scheeres. (maandbladzuidafrika.nl)

Video: Broer en suster Callie Maritz en Mari-Louis Guy gesels oor hulle grootwordjare in ’n hotel, kerkbasare, Kaapstad se markte en hoe hulle die kookboek Markdagsaamgestel het. (Dagbreek, kykNET)

Deborah Steinmair resenseer Eben Venter se jongste roman, Wolf, Wolf. (Boeke24)

Die splinternuwe webtuiste Bookish is ‘n gebruiksvriendelike boekwinkel, boekgemeenskap en boekenuus-skatkis. Hachette Book Group, Simon & Schuster en die Penguin-groep het hierdie projek aangepak. Loer bietjie hier vir nog onderhoude en artikels. (Christian Science Monitor)

Dr Seuss se The 500 Hats of Bartholomew Cubbins is vanjaar 75 jaar oud. Sy persoonlike versameling hoede word tans by die New York openbare biblioteek uitgestal. En jy kan niks minder as wacky verwag nie. (Huffpost Books)

 

Gister se Boekenuus gemis?

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top