Daar was lanklaas aktuele plaaslike boekenuus soos dié week. Met TT Cloete en Cas Vos wat hierdie week vasgesit het oor die flapteks van Vos se nuwe bundel, en Lapa Uitgewers wat volgens Beeld “dalk sy hoof kwyt is”, is die boekewêreld aan die gons. Alhoewel almal wil weet wat by Lapa Uitgewers aan die gang is, is dit geen verrassing dat daar groot veranderinge is in die boekbedryf, wat sonder twyfel onder druk verkeer, nie.
In die res van die wêreld: die Skotse skrywer, Ian Banks, het weer in die media oor sy kankerstryd gepraat. Hy het lesers regoor die wêreld bedank vir hulle boodskappe en bystand tydens sy stryd teen galblaaskanker. Die skrywer het ook intussen met sy lewensmaat, Adele, getrou en hulle het pas van hulle wittebrood teruggekeer. Volgens dokters sal hy nie langer as 'n jaar oor hê om te leef nie. (The Guardian)
Maria Popva van Brainpickings.org kyk na die daaglikse rituele van skrywers soos Mark Twain, James Joyce en Leo Tolstoi.
Die Washington Post se fiksieredakteur, Ron Charles, gesels oor die hantering van vroueskrywers in 'n episode van sy YouTube-boekresensiereeks.
Laai die video nie? Klik hier.
Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

