LitNet-leeskeuses: Donderdag 24 Januarie 2013

  • 0

Chrizane se leeskeuses vir die dag: 24 Januarie 2013

Melinda Ferguson was nie ingenome toe sy gevra is om die omstrede popster Kelly Khumalo se biografie te skryf nie. Maar Ferguson kon nie haar rug op die geleentheid keer nie, want sy was self vasgevang in die wêreld van dwelms. Sy gesels met Die Burger oor die boek, hoop en die prys wat sy vir die Khumalo-voorbladartikel in True Love-tydskrif gewen het.

Luister na hierdie week se Boeke en Skrywers-episode. Andre Krüger gesels oor sy roman Die twee lewens van Dieter Ondracek. Terrence April, Daniel Hugo en Joan Hambidge gesels ook saam.

Op 11 Februarie herdenk ons die tragiese selfmoord van Sylvia Plath. Hadley Freeman van The Guardian is nie verras dat Plath-debatte en -kontroversies ’n halfeeu later steeds onblusbaar is nie.

Lance Armstrong se topverkoperboeke is nou na die fiksierakke verskuif. Dit mag dalk net ’n grappie wees, maar ‘n groep teleurgestelde aanhangers het wel standpunt ingeneem en ’n dagvaarding teen Lance en die uitgewers van sy boeke It's Not About The Bike en Every Second Counts ingedien.

Huffingtonpost Books het ’n lys saamgestel van die tien kookboeke wat eintlik 2012 se topverkopers moes gewees het. Hier is ook die oorspronklike Publishers Weekly-lys van boeke wat meer aandag verdien het.

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top