LitNet-leeskeuses: Donderdag 2 Mei 2013

  • 0

Catherine du Toit resenseer Michel Houellebecq se nuwe digbundel, Configuration du dernier ravage. (Boeke24)

As die wind kom draai deur Hans du Plessis is 'n storie wat jou sal boei, skryf Susan Cilliers vir Boeke24.

Herman Lategan prys  Kirby van der Merwe vir sy “puik, genuanseerde vertaling” en goeie gebruik van Afrikaans in die vertaling van Carol Campbell se Karretjiemense. (Rapport)

Frantz Fanon se The Wretched of the Earth, George Orwell se Animal Farm en Ain’t I a Woman deur Bell Hooks het letterlik wapens in 'n studente protesoptog geword. (The New Yorker)

Sylvia Plath was 'n ongelukkige siel, en 'n gedig wat sy twee weke voor haar selfdood geskryf het, bewys dit. Dié gedig is eers onlangs gevind en het mense weer aan die praat oor Plath se tragiese dood. (The Telegraph)

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top