LitNet-leeskeuses: Dinsdag 7 Mei 2013

  • 0

Die Burger en Beeld se nuwe webtuistes het nuwe baadjies aangetrek en dit mag dalk 'n rukkie neem om die ou Boeke-afdeling op te spoor. Klik hier vir die Bylae-afdeling, waar boekartikels bo die artikelopskrif gemerk word. Dit lyk nie of daar 'n aparte Boeke- afdeling is nie.

JM Coetzee se argief in die Harry Ransom-sentrum aan die Universiteit van Texas is oop vir navorsing. Die argief is ongeveer R13,6 miljoen werd en lê langs Samuel Beckett, TS Eliot, Ernest Hemingway, Doris Lessing, George Bernard Shaw, Isaac Bashevis Singer, John Steinbeck en WB Yeats se versamelings. (Beeld)

Gerard Sekoto se Fielies en Pote is veertig jaar gelede geskryf, maar die boek is nou vir die eerste keer gepubliseer. (Beeld)

Riëtte Rust resenseer So was dit deur Johan van Wyk. Die versameling stories gaan oor die plattelandse lewe in die vyftigerjare.  (Beeld)

Lee Harper is 87 jaar oud en nie té oud om nog 'n hofsaak an te pak nie. Die bekende skrywer veg nou om die kopiereg van To kill a Mockingbird terug te wen, nadat haar voormalige literêre agent se skoonseun haar glo mislei het om kopiereg aan hom toe te staan. (bigstory.ap.org)

Ken jy die nuwe sosiale-media-toepassing wat jou help om boeke op die internet op te spoor? En sal hierdie nuwe aanlyn hulp enige kompetisie vir Goodreads wees? (Publishers Weekly)

 


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top