Murray La Vita besoek Breyten Breytenbach by sy huis in Oranjezicht, Kaapstad, waar hy tekeninge uit sy tronkdae bewaar. (Artikel en video’s: TouchLab)
Die US Woordfees vind in Maart plaas en hierdie jaar word daar aan Neville Alexander hulde gebring. Ander skrywers wie se skrywerlewens onder die loep geplaas word, is Dot Serfontein (88), E Kotze (80), Verna Vels (80), Elsa Joubert (91) en Athol Fugard (81). (Boeke24)
Die naam Eoan klink soos iets uit ’n wetenskapfiksiefliek. Maar hierdie kunstegroep het in die 1930’s in Kaapstad se krotbuurte ontstaan. Die boek Eoan, Our Story het pas verskyn en vertel ’n ongelooflike verhaal van die eerste ware operagroep in Suid-Afrika. (Die Burger)
Umuzi Books het aan die einde van verlede jaar verklap dat hulle ’n Suid-Afrikaanse S&M erotiese roman gaan bekendstel. BooksLIVE het pas aangekondig dat Jackie Mackenzie die skrywer van hierdie boek, getitel Folly, is. (BooksLIVE)
Nog Umuzi-nuus: Die bekende joernalis Claire Robertson het pas haar debuutroman, The Spiral House, bekendgestel. Gaan lees gerus meer oor dié slaweroman. (BooksLIVE)
Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

