Marthinus Beukes resenseer [vii] deur Gilbert Gibson. (Rapport)
Met die Pulitzerprys om die draai, het Loftus Marais gaan kyk na die twee boeke wat waarskynlik met dié gesogte prys gaan wegstap. Marais meen Kevin Powers se The Yellow Birds en Ben Fountain se Billy Lynn’s Long Halftime Walk het die grootste kans. (Rapport)
Anne Putnam se Navel Gazing – One woman’s quest for a size normal moes dalk eerder 'n tesis as ‘n boek gebly het – al is Putnam 'n uitstekende skrywer. Só skryf die nuwe redakteur van By, Annemari van Wyk. (Boeke24)
Publishers Weekly deel hulle gunsteling nuwe boeke wat hierdie week op die rakke verskyn het.
[GRATIS UITTREKSEL] Uitstekende nuus vir Dan Brown-aanhangers! Die skrywer se topverkoper, The Da Vinci Code, sal tot 24 Maart gratis aanlyn beskikbaar wees – ongelukkig is die e-boek egter net beskikbaar as jy ’n Amerikaanse of Kanadese internet-adres gebruik. Die e-boek sluit ook Brown nuwe boek, Inferno, se voorwoord en eerste hoofstuk in en die goeie nuus is dat jy dié hier gratis kan aflaai (oorspronklik via www.danbrown.com). Inferno verskyn later vanjaar, in Mei. (Huffington Post)
Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


Kommentaar
.Afgelaai en gaan sommer lekker lees!