Dan Brown se jongste Robert Langdon-roman, Inferno, tref vandag die rakke. Die boek is te koop by Exclusive Books teen R249. Kyk hierdie video deur The Telegraph se misdaadresensent, Jake Kerridge. Hy was een van die eerste mense in die wêreld wat die boek gelees het.
En bewaar jou siel as jy die befaamde Dan Brown wil spot soos in die verlede. Dís Michael Deacon se boodskap aan literêre snobiste en resensente.
Indien jy nie die Dansende Digtersfees op Stellenbosch kon bywoon nie, hier is Bibi Slippers se verslag oor dié internasionale geleentheid. (Die Burger)
"Dit gebeur min dat mens vandag ’n vertelling teëkom wat oorspronklik gepen is deur iemand wat dáár was, wat geweet het hoe ’n Mauser in sy hande voel, die eensaamheid van ballingskap ervaar het en wat noodgedwonge ná die oorlog weer van voor af moes begin," skryf Riaan Grobler in sy resensie van Vegter en Balling deur Chris Schoeman. (Die Burger)
Na aanleiding van debatte rondom die 2012-Nobelpryswenner Mo Yan het hy tydens 'n toespraak gevra dat mense hom sal uitlos om te doen wat hy kán - en dit is skryf. (The Atlantic)
Die Nasionale Teater in Londen gaan Katherine Boo se Behind the Beautiful Forevers op die planke bring. (The New York Times)
Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.

