Bibi Slippers se artikel oor fietsrykultuur is genoeg om enigiemand lus te maak om weer die ou ysterperd af te stof. (Rapport)
Riana Scheepers het skepties aan Die Koekieboek begin lees, maar bieg dat sy met die eerste paar bladsye reeds beïndruk was met die humoristiese, dog elegante wyse waarop Maritza Breitenbach oor seksualiteit skryf. (Rapport)
Kerneels Breytenbach resenseer The Expats deur Chris Pavone. Dié spioenasieriller kom uit die pen van 'n kookboekkenner, maar word reeds met John Grisham en Ken Follett en Frederick Forsyth se boeke vergelyk. (Boeke24)
Onthou jy nog die skrywer Renata Adler? Haar bekende romans Speedboat en Pitch Dark is weer in druk. (The New Yorker)
Anthony Cummins van The Telegraph kyk na JM Coetzee se nuutste roman, The Childhood of Jesus en JC Kannemeyer se A Life in Writing.
Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

