Ek vermoed dit was nie duidelik genoeg wat ek met "bestel" bedoel nie. As jy "bestel" sou gelykstel met "samelewing" is jou kritiek in die kol, want daar is inderdaad nog hope hardwerkende mense in ons samelewing wat 'n verskil maak en goeie werk doen. Daar is seer sekerlik ook mense in regeringsposte en in die staatsdiens wat hul sout werd is, maar die huidige magsvergrype en korrupsie wat Nkandla versinnebeeld, kan tog net plaasvind onder 'n kleptokratiese magselite wat die staat plunder en/of die staat gebruik om in te palm, nie waar nie? En as Nkandla ons nie die regering laat uitstem nie, wat sal?
Kommentaar
Hallo Martin, dankie vir jou kommentaar.