 |
PEN Afrikaans-gesprek:
Kan ’n Afrikaanse skrywer nog ’n impak maak?
Danie Marais
"Afrikaanse skrywers het beweeg van die veronderstelling dat ons met die land kan praat en dalk selfs met die wêreld oor ons land, na ’n implisiete aanvaarding dat ons nou net met onsself en ander wat Afrikaans nog wil verstaan, ’n gesprek kan voer. Ons het vanuit uitgestote isolasie en benoude mag ontsnap tot in die buitenste ruimte van ’n minderheidstaal onder die juk van ’n kleptokrasie wat hom trommeldik vreet onder die dekmantel van ’n demokratiese bestel wat klaarblyklik op geen demokratiese wyse hervormbaar is nie." |
|
|
 |
PEN Afrikaans-gesprek:
Volledige gesprek en foto's
LitNet, Gerrit Rautenbach
Op Woensdag 25 Maart 2015 het PEN Afrikaans hulle eerste oop gesprek aangebied by die Breytenbach Sentrum op Wellington. Die tema was: “Watter impak kan die Afrikaanse skrywer nog in die hedendaagse Suid-Afrika maak?” Luister na die gesprek en kyk na foto's van die geleentheid. |
|
|
 |
Foto's en verslag:
Ter viering van die Man Booker International Prize 2015
Izak de Vries, Naomi Meyer
Die tien finaliste van die Man Booker se internasionale skrywersprys van 2015, onder wie ook Marlene van Niekerk tel, is op 24 Maart bekend gemaak. 'n Vieringsgeleentheid hiervan het vir die eerste keer in die geskiedenis van die prys in Afrika by die Centre of the Book op die kampus van die Universiteit van Kaapstad plaasgevind. Izak de Vries deel sy eerste foto's van die aand met LitNet se lesers. |
|
|
 |
Tien vrae:
Joan Hambidge oor Matriks
Joan Hambidge, Naomi Meyer
"Die gedig sal terugkom of sig aanmeld wanneer die tyd reg is. Skryf is ’n dissipline. Inspirasie moet daar wees, maar die werklike digproses is om al die buie te kan akkommodeer: ’n pynlike ervaring of herinnering; die dood van ’n geliefde of verhouding." |
|
|
 |
Onderhoud:
Melt Myburgh gesels oor Boererate deur Danie Smuts
Melt Myburgh, Naomi Meyer
Boereraat teen kanker: "Sy het 8 paddas geneem in 'n neteldoekse sakkie op die bors geleg, wat dadelik op die bors so fas kleef as bloedsuiers, toen hulle fol gesuig het, fal hulle met hewige stuipe af, sonder dat di uitsuie pyn feroorsaak." |
|
|
 |
Tien vrae:
Tossie van Tonder oor My African Heart
Tossie van Tonder (Nobonke), Naomi Meyer
"Ek idealiseer al vir langer as 20 jaar dat al elf ons tale kan floreer om ’n digte netwerk van literatuur in Suid-Afrika teweeg te bring. Afrikaans is ’n lewensmag wat iets omtrent die oorlewing en florering van ’n identiteit in hierdie plek verteenwoordig. Laat dit enige vorm aanneem – hoe groter die verskeidenheid, hoe beter." |
|
|
 |
ATKV-Skrywersalbum:
Chris Barnard (1939–)
Erika Terblanche
“Ek weet uit dure ondervinding ’n roman is op sy heel beste tot nét voor jy die eerste sin neergeskryf het. Daarná, sin vir sin, begin jy sy moontlikhede beperk.” Chris Barnard se ATKV-Skrywersalbum is volledig bygewerk. |
|
|
 |
Regsalmanak:
Menseregtedag en tannie Lee
Gustaf Pienaar
"Sy was 75 jaar oud was toe sy op 28 Januarie 1972 met die gereg in Kaapstad gebots het. Tannie Lee was 'n nooi met wie mens nie op Menseregtedag sou skoor soek nie." |
|
|
 |
Musiek:
Endler Konsertreeks met Miagi
Carine Janse van Rensburg
"Begeesterd. Dis die woord wat by my opgekom het terwyl ek na hierdie jeugorkes geluister het. Daar het ’n energie van dirigent Brandon Phillips, en later Tshepo Tsotetsi, na die orkes gevloei en terug. ’n Wedersydse besieling." |
|
|
 |
Teater:
Vrou-alleen by die Baxter
'n Komedie oor cope met vuil wasgoed, vuil doeke en vuil gedagtes. Te siene by die Baxter, tydens die Zabalaza-fees, op 27 Maart 2015. |
|
|
 |
ATKV-portaal:
ATKV Onderwys: die belang van beheerrade
Izak de Vries
"Onderwys is een van die kernpilare van ’n gemeenskap, en daarom is dit van absolute belang dat ouers moet besef hoe belangrik dit is dat hulle betrokke is by hul kind se skool." Só sê Seymour Bothman, senior bestuurder: onderwys by die ATKV. |
|
|

|
|