LitNet Akademies Kuberklas is op soek na kubermentors!

  • 0
 

Slimfone, tabletrekenaars, sosiale media: die verwysingsraamwerk van vandag se leerders lyk anders as in die verlede. Het jy ’n idee om wiskunde en die natuurwetenskapvakke uit die tradisionele klaskamer te haal en dit aan te pas vir ’n nuwe generasie tegnogeletterde leerders?

LitNet Akademies Kuberklas wag voorstelle in vir wiskunde- of wetenskapskoolprojekte wat oor ’n tydperk van ses maande op ons aanlynplatform ontplooi kan word. Jy kan boonop geld hiervoor verdien.

Jou projek moet gemik wees op Afrikaanssprekende gr 10- tot 12-leerders. 

Stuur ’n skriftelike voorlegging van sowat 500 woorde of ’n videogreep waarin jy ons vertel watter mentorsprojek jy deeltyds wil ontwikkel en bestuur. Onthou dat die projek Afrikaans as voertaal moet gebruik. As ons daarvan hou, sal ons dit befonds!

Jou projekvoorstel moet die volgende insluit:

  • konsep
  • uitkomste
  • CV’s van alle betrokkenes.

LitNet sal verder met kandidate op die kortlys korrespondeer oor:

  • begroting
  • implementering
  • omvang
  • en ander praktiese sake.

Wees kreatief en neem leerders met jou saam!

Kontak Naomi Bruwer by naomibruwer@litnet.co.za of (021) 886 5169 vir nog inligting.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top