LitNet Akademies (Skole): Community Punching Bags-projek geopen

  • 0

Die Community Punching Bags- (CPB-) projek, ’n uitstalling van kleurvolle “gemeenskap-slaansakke”, is op 23 Mei 2012 by die anneks van die Iziko Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad geopen. Die CPB-projek is die breinkind van kunstenaar Johann van der Schijff, ’n dosent aan die Universiteit van Kaapstad se Michaelis Kunsskool. Die kunswerke is in samewerking met kunsonderwysers en graad 10-leerders van Hoërskool Livingstone, die Senior Sekondêre Skool Heideveld, Hoërskool Kampsbaai, Hoërskool Vishoek en Hoërskool Isilimela in werkswinkelsessies ontwerp en deur plaaslike spesialis-leerwerkers geskep.

Die projek beeld op ’n satiriese wyse kwessies van geweld, “die ander”, stereotipering, rassisme, xenofobie en menseregte deur middel van die gemeenskaplike skepping van kuns uit. Besoekers aan die uitstalling is genooi om aan die kunswerke te raak en selfs te slaan – die projek vereis deelname van die skeppers van die kunswerke sowél as die kykers en is dus ’n onvoorspelbare proses gebaseer op kans en gelukkige toeval. Hierdie uitstalling beoog nie om enige definitiewe antwoorde op die sosiale probleme wat dit uitbeeld, te bied nie, maar moet gesien word as konseptuele kuns wat oop bly vir interpretasie.

Die kunsonderwysers wat aan die finale uitstalling deelgeneem het, is: Lauren Schofield (Hoërskool Kampsbaai), Debby Saporetti (Hoërskool Vishoek), Shireen Ahmed (Senior Sekondêre Skool Heideveld) en Shirage Davids (Hoërskool Livingstone). Die leerders wat aan die finale uitstalling deelgeneem het, is: Alex Rassloff en Lena Weir (Hoërskool Kampsbaai), Abi Gildenhuys en Jessica Michaels (Hoërskool Vishoek), Amukelo Bapse Ngobeni (Senior Sekondêre Skool Heideveld), Ncoko Mabanga en Ayabonga Ntshongwana (Hoërskool Isilimela) en Shaakira Ajam, Andrea Barnes, Aneesah Firfirey en Kevin Kock (Hoërskool Livingstone).

Die projek is ondersteun deur Iziko-museums, die Nasionale Navorsingstigting (NRF), die Prins Claus-Fonds van Nederland en die Frank Joubert-kunssentrum.

Die uitstalling is daagliks oop van 09h00 tot 16h00 op weeksdae en van 09h00 tot 13h00 op Saterdae.

Die uitstalling duur tot 16 Junie 2012 om 16h00.

Vir nog inligting oor hierdie uitstalling:

Johann van der Schijff (UK)
Sel: 082 330 5335
Tel.: 021 480 7116
E-pos 1: info@johannvds.com
E-pos 2: johann.vanderschijff@uct.ac.za
Web: www.johannvds.com

Kathy Coates (Iziko)
Sel: 082 200 4622
Tel.: 021 481 3954
E-pos: kcoates@iziko.org.za.

 
Johann van der Schijff en die slaansak wat hy ontwerp het.
 
Johann van der Schijff ontvang ’n koek van Iziko as ’n blyk van waardering.
 
Leerders bewonder een van die slaansakke.
Johann van der Schijff se slaansak
 
Leerders se oorspronklike konsep-sketse is ook uitgestal.
 
Johann van der Schijff open die uitstalling.
 
 Sommige van die slaansakke spog met goue ringe as afwerking.
 
 ’n Slaansak met duiwelhorings
 
 Nog ’n kleurvolle, kreatiewe slaansak
 
 Besoekers is aangemoedig om die slaansakke te hanteer.
’n Leerder beskou hierdie swart-en-wit slaansak van nader.

Foto's: Elzette Steenkamp
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top