"Liriekskrywer" deur Andre Heyns

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Almal vra uit oor die diep, donker hartseer wat versteek is in jou woorde
Die biografie van jou lewe wat aan ons gegee is deur jou kitaar se akkoorde

Almal probeer die gebeurtenisse verklaar
hul in jou woorde inleef
Wie verstaan? Wie verstaan?
Iewers daar buite is daar iemand wat wil saam skree!

Nou is dit my beurt om te skree!
Oor die leuen van 'n lewe waarin ons leef.
Die stryd na inpas en voortbestaan,
in 'n plek nie soos 'n sprokiesverhaal

Almal wil inpas, maar almal probeer anders wees.
Die lewendes gaan dood en die dooies bly leef!
Die waarheid maak seer, maar leuens nog meer.
Jy dink jy het geloof tot jy regtig moet glo ...

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top