"Lilykind" deur Liza Jansen van Rensburg

  • 0

Lilykind

Lilykind, ons laaste kind
waar het jou ma jou ooit gevind?
Hier is ? storie wat ek wil vertel
van die laasgebore engelin

Spiritueel, tradisioneel
Met woorde, die kan sy speel
Ouma Naught se bok van oorl'e Jan
Sy weet ook hoe om te jok

REFREIN:
Meisiekind, ek sing van jou
Meisiekind, ek sing vir jou
Lilykind, ons engelkind

Deurmekaar het jou ma gesê
so sal ons jou altyd onthou
Onderstebo, links, agterstevoor
At least is jy ? diskant in die poor

REFREIN

Nou die dag by die S.O.S kamp
is jy as die beste buitelugdogter aangewys
Die arme seuntjies voel soos meisies elke keer
as hul saam met jou vir ? week kampeer

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top