Lihanza inyanga (Die lug bad die maan)
Vroegoggend en die maan was vol.
Kyk, het die plaasmense hulle oë gerol:
Lihanza inyanga.
Die lug bad die maan .
Toe’t aand word oor wit polle,
oor bruin landerye,
toe ruik die hele hemel.
Lihanza inyanga.
Die lug bad die maan .
Kyk, het die plaasmense gesê:
die leeu lê op jag daar bó.
Sy tande skitter soos spiese.
Lihanza inyanga.
Die lug bad die maan .
Die leeu van die lug
wag dat die aarde kol maak oor die maan.
Sy stert kwispel.
Hy kloof met sy klou
Lihanza inyanga.
Die lug bad die maan .
In die donker daar bo wag hy
dat die maan,
die hoof van die kraal,
wegkyk.
Lihanza inyanga.
Die lug bad die maan .
In die donker maak die leeu jag.
Op die herder.
Op die bul.
Op die man wat water dra.
Lihanza inyanga.
Die lug bad die maan .
Hy wag by leë dongas van die maan.
Daar waar die hemelbeeste gaan.
Kyk, die vee gaffel rooi vure
deur die misvloer van die nag.
Lihanza inyanga.
Die lug bad die maan .
![]() |



