Liezbet se sestig jare

  • 0

Ek stem saam met Jaco. Die Ingelse ken darem van Pomp en Circumstance. Ek wonder hoeveel mense wat op die eilandjie aan die Franse kus woon het permanente werk en hoeveel is sosiale pasella-ontvangers. Die Ingelsman se tante en niggie het ’n rukkie terug hier kom kuier. Gaaf, man, gaaf. Alhoewel niggie in SA gebore is, is tante wel uit Ingeland maar het lank in SA gewoon. Niggie kom toe met die voorstel dat ons ook in Ingeland moet kom plak. Skoonpa was ’n Ingelse "subject" tot hulle met die uitbreek van die Tweede Grootoorlog uit Singapoer voor die Japsnese moes vlug.

Hulle het blykbaar moes gryp en hol en wragtigwaar klim hulle toe op die verkeerde skip en neuk toe af Durban se kant toe. Die ander skip is toe Oostralie toe. Niggie voer aan dat dit blykbaar nie te moeilik is om plakplek en ander voordele uit Liesbet se staatsamptenare te kry nie. Sy ken blykbaar die "ropes". Ek is nogal beïndruk met die niggie se gedagtegang maar die Ingelsman wil vet mooi nokkol daarvan weet. Ek dink sy neig na haar ma se kant toe. Die was ’n nooi uit die Natalse Middellande. Skoonma se van was Pennifather, meer Ingels sal jy beswaarlik nie sommer kry nie. Skoonma se pa het blykbaar Generaal de Wet se broer tydens die Boere oorlog gehelp. Nodeloos om te noem, ek was oorle skoonma se "favourite" skoonseun en sy my "favourite" skoonma.

Chris Erasmus

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top