Liegstories en komplotte, Wouter

  • 0

Pleks jy weerlê my woorde met feite maar toe kom jy met nie een enkele bewys vorendag nie. As jy sê ek lieg, dan moet jy mos bloot vra vir bewyse, of hoe? En my woorde as leuens weerlê. Dis hoe normale mense dit doen.

Dit kos gemiddeld (afhangende van die area waar olie gepomp word)tussen $16 en $20 per vat om olie te produseer. Dit sluit infrastruktuur, kostes vir nuwe eksplorasies en al die ander kostes in. Die Arabiese lande spesifiek het kontrak vasgemaak (skuus, ons praat maar so hier rond) op tussen $27 en $29 per vat. Jy betaal eintlik meer as $120 per vat as jy die gemiddelde prys oor sê maar 12 maande neem. Vir die byprodukte (want uit ’n gemiddelde vat olie kry jy eintlik baie meer nè, maar wie is ek om vanuit my "binnekamer" vir jou te wil kom vertel?) hoes jy wat die prys konserwatief bring by veel nader aan $150 per vat. Genoeg oor olie vir nou, want jy kan dit loop Google, nè en dit kan my 600 woordbeperking lelik knyp? Die "komplot" (jou woorde)? Ek weet nie, se jy vir my hoekom jy tevrede is om R10 plus per liter brandstof te betaal. Ek het bloot gevra waarom ons die redes wat voorgehou word vir soetkoek opvreet, liewe Wouter. En watse ding is OPEC dan nou, Wouter?

Coke en Pepsi: Dit kos die vervaardiger tussen R3 en R4 (ek het die prys benader bloot omdat ek lui is) om ’n 2-liter bottel Coke/Pepsi/watookal te vervaardig. Verpakking ingesluit as dit plasties is. Die glasbottel se kostes is duurder maar ek gaan jou nie nou probeer verduidelik waarom nie.

"So ook die brood en melk": Ek kon vir jou letterlik tientalle ander voorbeelde noem maar jy sou nie verstaan wat ek bedoel het nie. Buitendien, die broodkartelle is verlede jaar ontmasker, of was jy besig met een of ander roman dat jy nie die koerante dopgehou het nie? Ek gaan egter verder spesifiek wat die brood betref: kort voor die boetes wat die regering opgelê het het meeste van die bakkers ’n "onverwagse" prysverhoging van 10 sent per brood afgekondig. Hulle het in die eerste drie maande hul boetes met rente terugbetaal. Of liewer: Jy het. Verstaan jy nie die term "kartel" nie, Wouter?

Jy speel met lang en slimklinkende woorde om bloot wat nou weer te se? Dude, enige kosteberaming wat jy as vervaardiger op die produk plaas sluit ALTYD aflewering en vervoerkostes IN. Anders moet jy eerder vir een of ander staatsdepartement loop trollies stoot.

Ek het die voorbeeld van die pad gebruik juis om ouens soos jy te laat probeer verstaan, en het heeltemal gefaal. As die pad die staat R10 biljoen kos kry die staat R5 biljoen direk terug (sug: belastings etc). Tog reken hierdie wonderlike nie-mafia staat van jou dat hulle nie genoeg geld het nie. Ek kon ’n spesifieke voorbeeld soos Mossgas gebruik as voorbeeld (en moes dalk want dis publieke info, nè?). Terloops: Is jy bewus dat by Mossgas net een van die drie produksietreine tans in bedryf is? Nie omdat daar nie genoeg produk is nie, maar omdat daar doodgewoon nie genoeg kundiges is om twee treine te laat hardloop nie (en nee, ek gaan nie vir jou eens probeer beduie wat van die derde een word nie). In ’n doodgewone voorraadstoor werk tans 65 (!) mense waar vyf mense skaars vyf jaar terug rondgestaan en niks doen het. Ek sê dit pertinent: hierdie (nie-) mafia-staat is besig om jou te besteel, Wouter.

"Segmentering van die BBP ... etc etc etc." Jy gorrel dude. Moenie Finansies en Tegniek probeer aanhaal om niks te sê nie en los die woordeboek. Ek praat nie uit dik boeke uit nie, ek praat soos ’n normale mens(soos wat jy ook maar doen as jy nie hier kuier nie, nè?) Besigheid, die staat, ek en jy moet ons boeke laat klop. Wins toon. Die staat is nie veronderstel om wins te toon nie want dan beteken dit hy het iewers geld van die burgery gekry wat hy nie terug geploeg het ter verbetering van einste burgers se lewens nie. Die staat moet eintlik (volgens my komplot-benewelde siening) bloot gelyk breek. As die staat ’n verlies toon dan het hy iewers geld gemors. So eenvoudig soos dit. Maar dis vir my binnekamer, of hoe, ou Wouter?

Punt is, en dis dalk waar jy die pot effens mis sit: Elke liter brandstof wat ek ingooi, elke liter melk wat ek drink, elke brood wat ek eet eis ek terug as ’n wettige uitgawe. Want die wet sê ek mag. En jy betaal vir die BTW want dit eis ek ook terug. (Melk en bruinbrood uitgesluit want dit is BTW vrygestel). Alles is nie ’n komplot nie, Wouter, maar as daar vir jou openlik gelieg word en jy openlik bedrieg word (en ek stel dit op rekord dat jy nie weer verward is nie) is dit met ’n rede. Want iemand neem ’n besluit om ’n spesifieke prys op ’n produk of diens te sit. As daai iemand jou besteel en jy te onnosel is om dit agter te kom is dit jou verlies en jou skuld as jy niks daaraan doen nie. En nee, ek woed nie regtig nie. Ek maak geld uit outjies soos jy, baie dankie, en ek wag vir jou, Wouter om te wys waar ek lieg?

Nie te danke

oester

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top