Liefste kallit kind

  • 0

Foto: Canva

Liefste kallit kind

ek wiet dinge gat bietjie swaar oppie oomblik
dit voel asof djy dittie gat maakie
djy compare jou mettie anner
gebruik hulle success as ’n measuring stick

die mense om djou hettie ambition nie
generational curses voel soos ’n swaard wat oor djou kop hang
wag geduldig vi’ djou om op te fok sodat
die lem permanente littekens kan los

moenie lat djou current circumstances
jou noodlot bepaal nie
djy’s oek gemaak om greatness te achieve
miljoene het al die pad gestap
djy moet net hardloop

Vi’giet vannie name klere
’n goue tand innie bek
choef
ennie stoppie en kool
djy’s vir groter dinge gemaak
Hardloop liefste kallit kind, hardloop.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top