"Liefdeloos" deur Anneke Scholtz

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Refrein:
Verlore in ? liefdelose gesin
Gevind deur ? liefdevolle gesin
Was gebreek, maar is heelgemaak
Het ontdek waarvoor die woord liefde werklik staan

Hulle sê ? ma se liefde is al wat mens wil hê
Hulle sê ? ma se liefde het geen einde nie
Nou waarom het haar ouers dan geen liefde aan haar getoon nie?
Waarom het die alkohol hulle beste vriend geword?
Waar was hulle met haar grootwordjare?
In nog ? dorp om drankgeld te bedel?

Refrein
Dankie vir geen liefde, geen vreugde en genot
Dankie dat ek my liefde, vreugde en genot by ? nuwe mamma kon vind
Waarom het hulle haar verwaarloos toe hulle haar as ? dogter gehad het?
Waarom het hul haar so nou en dan gebel na sy weggeneem is?
En dan gesê dat hulle haar liefhet, maar nooit die liefde getoon nie?
Dankie vir die valse liefde, geen vreugde of genot
Dankie dat ek ? nuwe mamma met baie liefde kon ontmoet

Refrein
Op die ouderdom van twee het sy ware familieliefde gevind
? Ma gekry wat haar altyd lief sal hê
? Ma gekry met liefde sonder einde
Die lewe het vir haar uitgewerk met boeties as haar beste vriende
Almal in haar nuwe familie het haar liefde betoon

Refrein
Dankie vir al die ware liefde, vreugde en genot wat my nuwe familie aan my kon toon

Refrein
Haar ma se dankprobleem het veroorsaak dat sy leerprobleme gehad het
Maar die liefde van ? ware ma het haar deur haar skoolloopbaan gehelp
Dankie vir al die ware liefde, vreugde en genot wat my nuwe familie aan my kon toon

Refrein
Verlore in ? liefdelose gesin
Gevind deur ? liefdevolle gesin
Was gebreek maar is heelgemaak
Het ontdek waarvoor die woord liefde werklik staan
Waaroor lewe werklik moet gaan

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top