"Liefde reën" deur Annelien Kirsten

  • 0

Liefde reën

Eendag op ’n reëndag
Tussen hier en wie weet waar
Stap ’n jongman, sonder reënjas
Geel sambreel is in sy hand
Hy swaai hom hier, en swaai hom daar
En dans die strate af
Ek sê ou boet wat maak jy daar
Jy reën dan papsopnat

Koor

Hy sê dit
Reën, reën, reën, reën
Liefde om my heen
En ja dit reën, reën, reën, reën
Die liefde is ’n seën
En al die reën, reën, reën, reën
Die droogte is gebreek
Ja hierdie reën, reën, reën, reën
Sal ek nooit kan vergeet

Hy dans so in die straat af
Jy sien net water spat
Ek skud my kop en lag maar
Want die liefde maak jou laf
Ek vra myself wat ek sal doen
As jy my weer wil soen
Ek sê ag nee, wat dink jy nou
Jy’s heeltemal verward

Koor

Die reën is soos die liefde
Net genade van bo
Dit kom een maal in ’n leeftyd
Vir dié wat daaraan glo
As sê jy nee, ek hou verby
Is jy dalk later spyt
Want om kaalvoet in die reën te dans
Is lekker, glo vir my

Koor

Sal ek nooit kan vergeet
Sal ek nooit kan vergeet

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top