| Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Wind
na die wind
hang die aandgeluide
sangerig
oor die grondpad
en die akkers se blare
vou terug
in beskermde lae
en hou
my gedagtes aan jou
verseël
tot die volgende wind
wat dit wêreldwyd waai
na plekke
waar ons dit
saam sal vind

