Liefde op papier: Waar jy wag

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Waar jy wag

Ek dans vir jou 'n pirouette,
my pen gly om die lyf
van 'n lied met woorde.

'n Sinergie tussen ritme en tyd
Die kragtige swaai van emosies
vlinderwaai papier sy inkbesmeerde lyne -
al die passie myne.

Ek dans vir jou 'n pirouette,
met al my liefde
op die maat van 'n kwatryn
trippel sag met 
soepel arms wat omrym.

Ek dans vir jou 
en net vir jou.
Dit vul die spasies in my -
nes warm lag,
'n fluistering in akkoorde
tydloos sonder slaap
om jou te volg 
na waar jy wag.

 

Klik hier vir kompetisie-besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top