Liefde op papier: Vonke van liefde

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Vonke van liefde

Elektriese ladings
tussen lewendige lywe.
Laat my hoendervel
om daarvan te vertel.

Dis ekstaties, opwekkend,
opwindend.
Tog ook ongekend en ongehoord
vir iemand wat aan niemand behoort.

Ek gaan akkoord met die gevoel
hier flus op my vel,
want dis beter
as 'n alledaagse hel.

Dis staties-eroties.
Heerlik verleidelik.
Sy hande ontlaai van
syne na myne.

Daar is 'n kalmte
wat dié tinteling bring.
Soos alle spanning
uitwring.

 

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top