| Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Nooit weer
As ek nooit weer vir jou sê dat ek jou lief het nie,
Sal ek dit nooit weer hoor nie?
As ek nooit weer aan jou raak nie,
Sal ek dan nooit meer aangeraak word nie?
As ek nooit weer met jou praat nie,
Gaan ek dan ook nooit meer mee gepraat word nie?
As ek nooit weer my mooi maak vir net jou nie,
Gaan ek dan ook nooit meer mooi vir jou wees nie?
As ek nie met jou liefde maak nie,
Sal ek dan ook nooit meer jou liggaam smaak nie?
As ek vir ewig weg gaan,
Dan sal jy my nooit mis nie.

