Liefde op papier: Naakstudie

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Naakstudie

Jy wys nie jou lyf nie,
want dit is te … persoonlik,
te groot deel van jou jy.

Jy “vertoon jou liggaam”
maar die drif wat jou dryf
reis nie hoër as jou mond nie.

Jy knak die koevert in jou gatsak in,
knik die bril af oor jou oë
wat netnou nog grou was,
maar nou
die mooiste blou

 

 

Klik hier vir kompetisie-besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top