| Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Liefde verpas
Liefde glo alles,
Vertrou alles,
Beloof alles,
Slegs dade vermag en bewys alles.
Vertroue sonder liefde is leeg
en vernietig alles.
Donker drom gedagtes saam,
En alleen voel ek skaam …
En ek neem die blaam …
En ek dra dit saam.
Tot die donker jou toe vou,
En jy nie meer kan onthou.
Sien of glo dat jy die lewe verdien.
Dan voetslaan deur die donker nag,
Waar jy verval in sak en as,
en alles verag
of na die ewige te verpas.

