Liefde op papier: Láska na papier

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Láska na papier

(Slovak vir liefde op papier)

Durf nie die hart uitkeer!
Dis skaamtelose naaktheid van onkunde,
oor die normaliteit van lyflike
liefde op papier.

Lirieke en replieke,
soos goue wawiele
koetsend kibbel oor klippe
krabbel die minnaar
woord na woord
op ’n blad.

Elkeen opgefrommel,
woorde simpel en verrimpel.
Almal skuurpapier,
In die skrywers uur.

 

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top